1 Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n bakplaat uit met bakpapier. Skep drie hopies van 60 ml kaas op die papier en maak elkeen plat om sirkels van sowat 15 cm in deursnee te vorm.

2 Bak vir 3–5 minute of tot die kaas heeltemal gesmelt is in ’n ragfyn patroon. Dit moet liefs nie begin bruin word nie, want die kaas kry ’n brandsmaak.

3 Haal die kaas uit die oond en gebruik ’n paletmes om die kaassirkels versigtig een vir een oor die agterkant van ’n muffinpan te plaas en effens af te druk sodat dit ’n bakkie vorm. Werk vinnig voor die kaas afkoel en te hard word om te vorm. Herhaal met die res van die kaas.

4 Meng die slaaisousbestanddele. Vul die kaasbakkies met die hoender, croutons, blare, avokado en tamatie en sit voor met die slaaisous.