Hoenderslaai met gedroogde bosbessies

akkreditasie
Francois Oberholster
Bereidingstyd: 20 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 20 minute
Bestanddele
  • 90 g - babaspinasie
  • 1 - heel knoffelhuisie
  • 1 - ryp avokado, in blokkies gesny
  • 4 - hoenderborsies, in repies gesny
  • 12 - dun snytjies ciabatta
  • 100 ml - geroosterde amandelsplinters of grondboontjies
  • 60 ml - gedroogde bosbessies
  • 45 ml - olyfolie
  • - gedroogde basilie
  • 150 g - wit cheddar, in blokkies gesny
Metode
Sprinkel ’n tuisgemaakte vinaigrette oor en smul aan dié heerlike slaai!

1. Smeer die ciabatta met die knoffel, sprinkel 15 ml van die olyfolie oor, geur met sout, peper en die gedroogde basilie en bak dit in ’n voorverhitte oond teen 200 °C tot bros.

2. Meng die res van die olyfolie, sout en peper deur die hoender. Braai dit in ’n warm pan tot goudbruin en deurgaar.

3. Klits vinaigrettebestanddele saam en giet dit oor die warm hoender.

Maak jou eie vinaigrette:

  • 60 ml olyfolie

  • 30 ml heuning

  • 30 ml appelasyn

  • 5 ml mosterd

  • 10 ml papawersaadjies

4. Om saam te stel Breek die ciabattasnytjies in croutons en skep dit op ’n dienbord saam met die hoender, spinasie­ blare, kaas, avokado, bosbessies en neute. Sprinkel enige oorblywende slaaisous oor en smul dadelik. 

Jongste uitgawe

Sep | Okt 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees