1 Meng die brandrissie, feta, roomkaas en sprietuie. Sny ’n gleuf in elke steak, geur met sout en peper en stop met die roomkaasmengsel. (Steek toe met ’n peuselstokkie as jy wil.)

2 Verhit die olie in ’n pan (kies een met ’n deksel) en braai die steaks tot mooi goudbruin alkante. Moenie te haastig wees vir omdraai nie; gee die vleis kans om ’n lekker kors te vorm voor dit vir die eerste keer gedraai word. Geur met sout en peper en voeg die smoor by die pan.

3 Laat prut met die deksel op tot die vleis gaar maar steeds sappig is. Strooi die vars koljander oor en sit die steaks saam met die avokado voor op rys. Ons het rooi nierboontjies en mieliepitte deur die rys gemeng vir ’n heerlike bygereg.

Wenk
As jy meer groente wil hê en nie ’n aparte gereg wil berei nie, voeg 125 ml ertjies, gemengde groente of gesnipperde groenboontjies by die tamatiesmoor in die pan.