1. Voorverhit die oond tot 200°C. Spuit ’n 24cm-tertbak met kleefwerende kossproei of smeer dit met botter. Kap die beskuitjies fyn in ’n voedselverwerker; voeg die parmesaankaas en die gesmelte botter by. Meng goed en skep die beskuitjiemengsel in die tertbak. Gebruik jou vingerpunte om dit onderin die bak vas te druk. Sit dit in die yskas terwyl jy die vulsel maak.

2. Maak die vulsel. Klop die roomkaas, room en eiers saam. Voeg die kalkoen, spek, sprietuie, pietersielie en grasuie by en geur na smaak met sout en swartpeper. Skep die vulsel in die tertkors en strooi die mozzarellakaas bo-oor. Bak vir sowat 45 minute of tot gestol en goudbruin. Sit voor met ’n groen slaai.