1. Kook die macaroni volgens die aanwysings op die pakkie tot al dente. Spoel en hou eenkant. Braai die ui in die botter tot glansend, roer die meel by en braai vir ’n minuut. Klits die melk geleidelik by tot glad. Laat prut oor matige hitte tot dik. Geur met sout, cayennepeper en neutmuskaat. Roer die cheddar by.

2. Stoom die blomkool tot gaar. Roer die pasta, pietersielie en blomkool deur die kaassous en skep dit in ’n gesmeerde oondvaste bak. Sprinkel die krummels en parmesaankaas oor en sit dit net so voor of bak dit vir 20 minute tot bruin. 

WENK
As die sous te dik lyk, verdun dit met sowat 100ml warm hoenderaftreksel.