1 Smelt die olie en botter saam en braai die ui en prei stadig saam daarin tot sag. Roer die rissie, knoffel en gemmer by, en braai nog ’n paar minute tot geurig.

2 Voeg die aartappels en speserye by en meng goed. Roer die aftreksel in en bring tot kookpunt. Verlaag dan die hitte en laat die sop prut totdat die aartappel sag word (sowat 20 minute).

3 Maak die salsa Meng die tamatie, kruie, asyn en suiker met sout en peper na smaak.

4 Proe die sop en geur soos nodig. Verwerk die sop met ’n staafmenger tot so fyn of met soveel tekstuur soos jy verkies. Sit voor met ’n skeppie salsa en ’n lepel vol jogurt bo-op, en platbrood om in die sop te doop.