1. Meng die maalvleis, speserye, kruie, broodkrummels en appel en geur met sout en peper na smaak. Meng net liggies – te veel meng bederf die tekstuur.

2. Verdeel die vleis in kwarte en vorm vier frikkadelle met nat hande; druk elke frikkadel plat om ’n vleiskoekie net groter as jou broodrolletjies te vorm (die vleis gaan effens krimp).

3. Verhit ’n goeie skeut olie in ’n pan en braai die vleis tot alkante goudbruin en so gaar soos jy daarvan hou. Goeie maalvleis kan mediumgaar voorgesit word; as jy dit goed gaar verkies, oorweeg dit om die vleis ’n bietjie met die deksel op te stoombraai oor lae hitte. Sit die vleiskoekies voor op die knoffelrolletjies met die gebraaide uie, ’n skep jogurt en blaarslaai.