1 Kook die aartappels in soutwater tot amper sag. Dreineer en hou eenkant.

2 Maak ’n hele paar diep insnydings in die twee hoenderborsies en een deur die vel van die dystukke. Verhit die olie in ’n grootpan (met ’n deksel) en braai die hoender tot oraloor goudbruin. Geur na smaak met sout en peper en voeg die kerriepoeier, ui, knoffel en gemmer by. Braai vir ’n paar minute tot geurig.

3 Roer die aftreksel, blatjang en konfyt by, asook die halfgaar aartappels; sit die deksel op die pan en laat prut vir sowat 25–30 minute of tot die hoender en aartappels gaar is. Sit voor met die rys en vars koljander.