1. Verhit die olie in ’n pot en braai die kerriepasta oor lae hitte vir ’n minuut tot geurig. Roer die sampioene en sprietuie by en braai vir nog ’n minuut. Voeg die spinasie, koljander, hoender, aftreksel en klappermelk by en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut rustig vir 10 minute.

2. Breek die noedels in klein stukkies (dit vergemaklik die eetslag met ’n lepel) en voeg dit by die sop. Laat prut vir nog ’n paar minute tot die noedels sag is. Geur na smaak met sojasous of sout en peper. Sit stomend voor met ’n strooisel boontjiespruite.