1. Meng die hoender met die jogurt, kerriepoeier en sout en peper na smaak. Breek die ui in blare en ryg dit tussen die hoenderstukke op vier nat houtstokkies.

2. Verhit die olie in ’n groot pan en braai die blomkool, gemmer, brandrissie, komyn en borrie saam tot geurig. Sit die deksel op en laat stoom vir sowat 10 minute of tot die groente sag is, maar nie pap nie. Roer die kersietamaties, koljander en sout en peper na smaak by en verhit tot warm (sowat 5 minute).

3. Verhit ’n riffelpan en rooster die geurige hoendersosaties tot goudbruin en gaar, of rooster dit onder ’n voorverhitte roosterelement in die oond, en sit dit voor met die kool.