book-icon Uitgawe September 2021

Kerrievarkvleis-sosaties

akkreditasie
ad
ad
Greg Cox
Bereidingstyd: 30 minute, plus marinering
Porsies: 8 sosaties
Gaarmaaktyd: 10–12 minute
Bestanddele
  • 1 kg - ontbeende varkblad of -nek, in 25 mm-blokkies gesny
  • - sagte droë-appelkose, lourierblare en blokkies groen soetrissie en uie
  • - KERRIEMARINADE
  • 5 ml - sout
  • 2,5 ml - gemaalde swart- of witpeper
  • 1 - groot ui, fyngekap
  • 1 - knoffelhuisie, fyngedruk
  • 250 ml - kookwater
  • 20 ml - kerriepoeier
  • 5 ml - olyfolie
  • 15 ml - bruinsuiker (of na smaak)
  • 7,5 ml - mielieblom
  • 30 ml - blatjang of appelkooskonfyt
  • 125 ml - bruin asyn
Metode
Berei die blokkies vooraf sodat die marinade genoeg tyd het om sy geure met die vleis te deel.

1 Maak die marinade Verhit al die bestanddele, behalwe die asyn, saam in ’n klein pot en laat dit vir 10-15 minute prut tot dik en glansend. Wag tot die mengsel afgekoel het en roer dan die asyn by; giet die marinade oor die varkvleis in ’n vlak bak. Bedek en sit dit vir ’n dag of twee in die yskas; draai die vleis af en toe om sodat jy kan seker wees dit word goed met die marinade bedek.

2 Maak die sosaties Ryg die appelkose, lourierblare, groen soetrissie, ui en varblokkies op stokkies. Braai die sosaties oor matige kole tot deurgaar (gewoonlik 10-12 minute); verf in dié tyd gereeld nog marinade aan. Hou die vleis fyn dop, want die suiker in die marinade kan dit maklik laat brand as die hitte te hoog is.

Balsemiekmarinade met pikantrissies

As kerrie nie jou gunstelinggeur is nie, probeer hierdie moderne marinade – dis soet en heerlik! Ryg die gemarineerde vark op stokkies saam met heel pikantrissies, rooi uie en suurlemoenblare, en braai soos die kerriesosaties.

  • 5 ml sout
  • 2,5 ml witpeper
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 250 ml kookwater
  • 15 ml Cajun-speserye
  • 15 ml tamatiepasta
  • 5 ml olyfolie
  • 15 ml loperige heuning
  • 7,5 ml mieliemeel
  • 30 ml worcestersous
  • 60 ml pekelsous (uit die pikantrissies se bottel)
  • 60 ml balsemiekasyn

Maak die marinade Verhit al die bestanddele behalwe die asyn saam in ’n klein kastrol en laat prut dit dan vir 10 minute tot dik en glansend. Laat die mengsel afkoel. Roer die asyn by en giet die marinade oor die varkvleis in ’n vlak bak. Bedek en sit die bak oornag in die yskas; draai die vleis af en toe om seker te maak dit word goed met marinade bedek.

Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees