Oondtemperatuur: 180 °C

1 Sny die dikste deel van die are uit die koolblare en kap fyn. Verhit die olie in ’n pan en braai die gekapte koolare, rissie, gemmer, knoffel en wortel saam tot geurig. Verwyder van die hitte en laat effens afkoel.

2 Meng die afgekoelde roerbraai, die rys, sprietuie, koljander en sojasous, en voeg laaste die maalvleis by. Verdeel in 8 frikkadelle. Voorverhit die oond.

3 Dompel die behoue koolblare 1 minuut lank in kookwater en dan in yswater; dreineer. Rol nou elke frikkadel in ’n koolblaar of twee toe in ’n netjiese pakkie en pak dit in ’n gesmeerde oondbak.

4 Klits die oestersous, sriracha en asyn saam en verf oor die pakkies, strooi die sesamsaad oor en bak vir sowat 20 minute. Skakel dan die oond se roosterelement aan en rooster vir 5 minute – dit maak die blare heerlik bros bo-op. Laat staan vir 5 minute en sit voor met ekstra sous vir doop.