Lensieslaai met botterskorsie en gerookte varkvleis

0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Francois Oberholster
Foto: Francois Oberholster
Bereidingstyd: 25 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 30 minute
Bestanddele
  • 1 - klein blomkoolkop, in 1 cm dik skywe gesny
  • 3 - skywe (sowat 200 g) gerookte varknek of spek, in blokkies gesny
  • 5 ml - sumak (opsioneel)
  • 30 ml - rooiwynasyn
  • 5 ml - elk korrelmosterd en heuning
  • 200 g - botterskorsieblokkies (2 x 2 cm)
  • 2 - blikke lensies, gespoel en gedreineer
  • 'n hand vol - roket en kruieblaartjies
  • 125 ml - olyfolie
  • halwe - rooi ui, fyngekap
Metode
Geniet warm of teen kamertemperatuur.

1 Voorverhit die oond. Meng die pampoen en blomkool met die helfte van die olie en sumak en sprei dit in ’n enkellaag op ’n bakplaat uit. Geur met sout en peper en bak die groente vir sowat 20 minute. Verhit die oond se roosterelement en rooster die groente vir nog 5–10 minute of tot gaar en met mooi geskroeide punte. Roer soos nodig om seker te maak die groente rooster oraloor mooi bros.

2 Verhit die res van die olie in ’n pan en braai die varkvleisblokkies tot goudbruin. Klits die mosterd, heuning en asyn saam en voeg dit by die gaar vark in die pan. Roer die ui en die lensies by die warm pan in.

3 Skep die vleis en lensies op ’n dienbord, voeg die gaar groente by en strooi die kruie oor. Geniet warm of teen kamertemperatuur.

Jongste uitgawe

September 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees