1. Kook die aartappels in soutwater tot gaar. Dreineer en druk fyn met die botter, sout en peper tot ’n growwe kapok. Hou eenkant.

2. Smeer 6 holtes van ’n reusemuffinpan met olie en voer die kant van elke holte uit met ’n reep spek. Meng die res van die bestanddele saam en verdeel dit tussen die holtes. Skep ’n lepel kapokaartappels bo-op elke vleiskoekie en smeer dit oor die oppervlak (stip met botter, dan bak die puntjies mooi bruin). Bak vir sowat 35–40 minute teen 200 °C of tot deurgaar. Sit voor met ertjies en srirachasous.