Oondtemperatuur: 180°C

Voorverhit die oond. Verhit die olie in ’n pan en braai die maalvleis, knoffel en wortel saam tot gaar en geurig. Breek die vleis deurgaans met ’n spaan op sodat dit korrelrig is. Geur met die speserye en voeg die ratatouille by. Verhit tot deurwarm en geur na smaak met sout en peper. Skep in ’n oondbak indien die pan nie oondvas is nie.

2 Klits al die bolaagbestanddele behalwe die kaas saam, geur met ’n knippie sout en giet bo-oor die maalvleis. Strooi die kaas oor en bak vir sowat 35 minute tot goudbruin en gaar.