1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit die holtes van ’n gewone muffinpan met kleefwerende kossproei en sit ’n sny ham in elke holte.

2 Smelt die botter in ’n kastrol en braai die prei en knoffel saam vir ’n minuut of twee. Klits die meel by met ’n ballonklitser en braai die mengsel vir nog ’n minuut. Klits volgende die melk geleidelik by tot glad. Kook vir sowat 5 minute tot mooi dik en glad; roer af en toe. Verwyder van die hitte, geur na smaak met sout, peper en neutmuskaat en keer uit in ’n koue mengbak sodat die sous vinniger kan afkoel. 

3 Sodra die sous nie meer kokend warm is nie, klits die mielies, kaas en eiers by. Roer nou die pasta by en skep bo-op die ham in die muffinpan; verdeel mooi eweredig. Strooi die krummels oor, stip met botter en bak vir sowat 15 minute tot goudbruin bo-op. Laat effens afkoel.