1 Meng die botter, meel en kookwater totdat dit ’n deegbal vorm. Druk die deeg op die bodem en teen die rand van ’n pasteibak vas en sit dit in die yskas.

2 Maak die vulsel Smelt die botter in die mikrogolfoond. Roer die meel en melk by en mikrogolf op hoog vir 3 minute. Klits ¾ van die kaas by en geur na smaak met sout en peper. Voorverhit die oond tot 180°C.

3 Meng die ham, sprietuie, roket en eiers by die kaassous en skep in die voorbereide kors. Strooi die res van die kaas oor en bak vir 40 minute of tot gaar. Laat staan om af te koel vir 10 minute voor jy die tert sny.