
- 1 - gedroogde lourierblaar, fyngedruk
- 15 ml - blatjang
- 700 g - varkmaalvleis
- 125 ml - melk
- 15 ml - suurlemoensap
- 5 ml - borrie
- - VULSEL
- - sout en swartpeper na smaak
- 1 - eier, geklits
- 2 - knoffelhuisies, gekap
- 2 cm - vars gemmer, geskil en gerasper
- 15 ml - tamatiepasta
- 15 ml - elk olyfolie en botter
- 2 - rolle (400 g elk) skilferkorsdeeg, ontvries
- 3 - snye ou bruinbrood, korsies afgesny
- 15 ml - matige masala
- 1 - groot ui, fyngekap
- 15 ml - appelkooskonfyt
1 Week die brood in die melk; neem dan ’n vurk en druk die brood fyn in die melk. Hou eenkant.
2 Braai die ui in die olyfolie en botter tot glansend en sag. Voeg die res van die vulselbestanddele, buiten die maalvleis en geweekte brood, by en laat alles in die pan smelt terwyl die geure ontwikkel. Haal die pan van die hitte af en laat afkoel. Meng dan die geweekte brood en die afgekoelde uiemengsel deur die maalvleis.
3 Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer die holtes van ’n muffinpan. Rol die deeg versigtig oop en sny elke rol in ses ewe groot vierkante. Voer elke muffinholte met ’n deegvierkant uit deur dit versigtig met jou vingers in die hoeke vas te druk; laat die ekstra deeg oor die rande hang.
4 Verdeel die vulsel tussen die uitgevoerde holtes, vou die los deeg na binne oor die vulsel en knyp die hoekies bo-op bymekaar. Verf mildelik met geklitste eier en bak vir 30 minute. Verlaag dan die temperatuur na 180 °C en bak nog 10 minute of tot die deeg gaar is en skilfers vorm. Sit dit warm voor met geelrys afgerond met geroosterde amandels, asook tamatieslaai en blatjang.