Genoeg vir 32 wiele
Bereidingstyd: 25 minute
Gaarmaaktyd: 5 minute

Dit kan moeilik wees om tortillas vir inpakkos so te rol dat dit nie gaan mors nie. Dié manier met stokkies omseil die probleem.

1. Rooster 8 tortillas een-een liggies aan albei kante in ’n droë pan – dit maak dit makliker om te hanteer en verbeter die smaak.

2. Smeer ’n dik laag soetrissie-hoemoes, roomkaas of pesto op. Volg nou met 3 skyfies ham, dungesnyde komkommer, kaas en ’n strooisel roket.

3. Rol styf op, steek op vier plekke vas met stokkies en sny in wiele.