Oondtemperatuur: 200°C 

1. Voorverhit die oond. Maak diep insnydings in die patats sonder om deur die skil te sny en vryf met die olie. Sit die patathelftes op ’n bakplaat, bedek met foelie en bak vir sowat 30 minute tot gaar en sag.

2. Maak die avokado fyn saam met die suurroom, suurlemoensap en ’n strooisel gekapte koljander. Geur na smaak met sout en peper.

3. Skep na hartelus hoender, tamatie, mieliepitte, boontjies, avokado en kruie op elke patatbootjie.