1 Voorverhit die oond tot 200°C. Sit die sampioene knus langs mekaar in’n oondbak en verdeel die botter tussen die holtes. Bak vir sowat 20 minute of tot die sampioene gaar en sag is.

2 Kook die pasta in soutwater tot al dente.

3 Verhit ’n riffelpan en braai die murgpampoentjies tot mooi geskroei. Jy kan ook ’n gewone pan gebruik of die murgpampoentjies saam met die sampioene bak, maar die riffelpan gee dit ’n lieflik rokerige geur.

4 Dreineer die pasta en meng dit dadelik deur die sappe in die oondbak. Roer die murgpampoentjies en mascarpone by (die hitte van die pasta sal die kaas vinnig laat smelt). Geur na smaak met sout, peper en suurlemoenskil, en strooi die basilie oor. Rond af met die olyfolie en sit elke bord pasta voor met ’n groot sampioen daarby.