5 minute
4
10 minute
Bestanddele
- 4 vark-schnitzels
- 600 g vars, gemengde roerbraaigroente
- sowat 60 ml hoisin- of teriyakisous
- 400 g roerbraainoedels (gekook volgens die aanwysings op die pakkie)
- 30 ml sesamsaad
Metode

1 Verhit ’n bietjie olie in ’n warm pan en braai die schnitzels tot goudbruin en bros alkant. Skep uit en hou eenkant.
2 Roerbraai nou die groente in dieselfde pan oor hoë hitte vir 3-5 minute of tot so gaar soos jy daarvan hou. Roer die hoisinsous en die noedels deur en braai vir 1-2 minute tot geurig.
3 Verdeel die roerbraaimengsel tussen bakkies of borde, sny die schnitzels in repies en skep bo-op. Strooi laaste die sesamsaad oor en geniet warm.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET