1. Voorverhit die hond tot 180°C. Sny die aartappels in 5 mm- skyfies en kook in soutwater tot gaar. Dreineer en geur met sout en peper. Verhit die olie en braai die worsies tot goudbruin en gaar. Skep uit en braai die murgpampoentjieskyfies vlugtig tot geurig. Skep dit dan saam met die aartappels, worsies, rooi ui en pietersielie in ’n vuurvaste oondbak van 20 x 25 cm.

2. Klits die eiers en room saam, geur met sout en peper en giet oor die worsiemengsel. Bak in die oond vir 30 minute of tot goudbruin en deurgaar.