Oondtemperatuur: 220°C

1 Voorverhit die oond. Braai die preie in die botter tot glansend. Klits die meel by en braai nog ’n paar sekondes. Klits die melk by tot glad en bring tot kookpunt. Geur dit met die lourierblaar, sout, peper en neutmuskaat. Verwyder van die hitte en roer die kaas by.

2 Rangskik die vis in ’n enkellaag in ’n oondbak, giet die sous oor en besprinkel met die broodkrummels. Bak tot goudbruin en gaar (sowat 20 minute).