1. Klits die eiers, meel, melk, olie en brandewyn saam en voeg ’n knippie sout by. Giet die beslag deur ’n sif om seker te maak daar is nie klonte in nie. Verhit ’n pan tot warm, smeer met ’n klein bietjie olie en skep ’n soplepel beslag in die pan. Draai en rol die pan sodat die hele bodem bedek is. Braai vir ’n minuut of twee, keer om en braai ook die ander kant. Herhaal tot al die deeg op is (sowat 8–10 pannekoeke).

2. Spoel die murgpampoentjies goed af en sny in dun repe. Braai dit in ’n riffelpan of rooster in die oond tot gaar. Meng met ’n skeut olyfolie, sout en peper, asook die kruie.

3. Om saam te stel, smeer ’n bietjie roomkaas oor die eerste pannekoek en versprei ’n paar flertsies forel bo-oor. Sit nou nog ’n gesmeerde pannekoek en ’n lagie murgpampoentjies bo-op. Herhaal met al die bestanddele. Rond af met ’n hopie forel en murgpampoentjies. Sit voor met skyfies suurlemoen.