1 Bring ’n pot soutwater tot kookpunt en kook die spaghetti tot al dente (gewoonlik sowat 8 minute).

2 Braai intussen die spek in die botter en olyfolie in ’n groot pan tot lekker bros. Roer dan die knoffel by en draai die hitte af. Die knoffel moet gaar braai sonder om te brand of te verkleur, want dan word dit bitter.

3 Skep die gaar pasta nat-nat by die panmengsel en roer deur sodat die botter die spaghetti-linte bedek. Geur na smaak met swartpeper (die spek en botter is reeds sout) en die helfte van die kaas.