1. Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking tot al dente.

2. Verhit die olie en braai die chorizo tot goudbruin en geurig. Voeg die soetrissie, seldery, brandrissie, knoffel en tamaties by en braai vir nog 3 minute. Roer die olywe en die pastasous by.

3. Meng die sous deur die pasta, geur met sout, peper en pietersielie en geniet by kamertemperatuur.