10 minute
4
10 minute
Bestanddele
- 300 g spiraalpasta
- 125 ml ertjies, gaar gestoom
- 200 g dun aspersies, gestoom
- sowat 350 g gerookte vis soos salm, makriel of snoek, gevlok
- 80 g (’n hand vol) wilderoketblare
- SOUS
- 125 ml romerige mayonnaise
- 125 ml suurroom
- 15 ml gekapte vars dille
- sowat 30 ml suurlemoensap
- 1 rooi brandrissie, gekap
Metode

1 Kook die pasta in kookwater wat met sout gegeur is tot al dente. Terwyl dit kook, klits die sousbestanddele saam en verdun indien nodig met ’n bietjie van die pastawater om dit loperig te maak (maar pasop vir waterig); geur na smaak met sout en peper.
2 Meng die warm pasta met die sous, gaar groente en vis. Roer laaste die roket by en sit voor teen kamertemperatuur.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET