1. Verhit die aftreksel in ’n pot en kook die patat daarin tot gaar. Maak fyn met ’n staafmenger.

2. Verhit die olie in ’n pan en roerbraai die sprietuie, knoffel en gemmer saam tot geurig. Voeg die hoender, sesamsaad en sriracha by en roerbraai tot die hoender mooi kleur begin kry.

3. Skep die hoenderblokkies en geurmiddels by die patatsop en geur na smaak met sout, peper en die lemmetjiesap en -skil. Laat prut tot die hoender gaar is en sit voor met ’n ekstra spuit sriracha.