1 Smelt die botter en olie saam in ’n pan en braai die sampioene stadig tot mooi bruin. Moenie onnodig roer nie, die pan sal te veel hitte verloor en die sampioene sal stoom pleks van bruin braai. Geur met sout en peper en voeg die maalvleis en paprika by.

2 Braai nou totdat die maalvleis ook mooi bruin en geurig is. Breek die maalvleis deurgaans op met ’n spaan sodat dit korrelrig is en nie groot klonte maak nie.

3 Roer die knoffel en meel by, braai vir ’n halwe minuut en voeg die aftreksel, spinasie en mosterd by. Kook ’n paar minute lank totdat die sous glansend is.

4 Roer die suurroom by, verhit tot warm maar moenie dat dit kook nie. Meng die sous deur die pasta, geur ’n laaste keer na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper en sit voor met parmesaan.