1. Sny die hoender in happiegroot blokkies en meng met die olyfolie; geur met sout en varsgemaalde swartpeper na smaak. Voeg die ment, pietersielie en suurlemoenskil by en panbraai tot goudbruin. Voeg die ertjies en sprietuie by en stoom vir ’n paar minute tot die hoender en ertjies gaar is. Laat afkoel.

2. Kook intussen die aartappels in soutwater tot net gaar. Dreineer en laat effens afkoel. Meng die pesto deur die aartappels en keer dit uit op ’n dienbord, skep die spinasie en hoender oor en sit louwarm voor.