1 Bring ’n pot soutwater tot kookpunt en kook die pasta tot al dente. Terwyl dit kook, braai die spek in die olie totdat dit begin kleur kry. Voeg nou die eiervrugblokkies by en braai tot gaar. Roer die tamaties by tot hulle bars en ’n sousie begin vorm. Roer ook die olywe en feta by en skakel die hitte af.

2 Dreineer die pasta sodra dit reg is en roer dit by die gebraaide groente en spek. Voeg ook die pesto, en sout en peper na smaak by. Meng goed deur en smul dadelik.