1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Braai die worsies in die olyfolie tot mooi bruin alkante. Voeg die uiemarmelade en tamaties by en braai tot deurwarm. Skep op die bodem van ’n diep oondbak wat met bakpapier uitgevoer is en versprei eweredig.

2. Rol die winkeldeeg sowat 1 cm dik uit totdat dit so groot soos die oondbak is en sit dit versigtig soos ’n kombersie oor die roerbraai. Druk die deeg losweg in om die rande. Bak vir 35–40 minute of tot goudbruin en deurgaar. Laat effens afkoel en keer die bak dan om op ’n dienbord sodat die worsies bo-op die deeg lê. Sny die soetrissies in sterretjies of repies en rangskik dit bo-op saam met ’n sprinkel vars basilie.