1 Rol die koue deeg op ’n werkblad oop in ’n groot reghoek. Smeer die pesto oor die deeg, strooi die sampioene, basilie en mozzarella eweredig oor en rol die deeg op in ’n stywe rol. Gebruik ’n skerp mes en sny die opgerolde deeg in 12 porsies. 

2 Spuit die holtes van ’n muffinpan met kleefwerende kossproei en sit ’n deegspiraal plat in elke holte. Bedek met ’n vadoek en laat rys in die pan tot dubbel die volume. As jy yskaskoue deeg gebruik, sal dit effens langer neem om kamertemperatuur te bereik en te rys. 

3 Voorverhit die oond tot 180 °C. Bak die pizzarolletjies vir sowat 20 minute of tot gaar en uitgerys vol gesmelte kaas. Heerlik warm óf teen kamertemperatuur.