Jy kan stywe pap ook gebruikas jy sukkel om polenta in die hande te kry.

1 Voer ’n middelslag-bakplaat met bakpapier uit en smeer met ’n bietjie olyfolie. Bring 500 ml water in ’n kastrol tot kookpunt en klits die polenta by met ’n ballonklitser. Gebruik nou ’n houtlepel om die polenta vir sowat 5 minute te roer terwyl dit prut tot dik. Geur met sout en peper.

2 Skep die polenta uit op die voorbereide bakplaat en smeer dit plat met die houtlepel. Jy kan ’n lepel vol van die geurige tamatie-olie uit die sakkie oor die oppervlak smeer – dit help dat die lepel nie vassit terwyl jy die polenta platdruk nie. Die polenta moet ’n dun, egalige “pizzabasis” vorm.

3 Voorverhit die oond (200 °C). Rangskik nou geskeurde sondroë tamaties, olywe, salami en kaas oor die basis. Bak vir sowat 10–15 minute of tot die kaas borrel en die pizza lekker warm is. Sny in skywe en geniet. Onthou net, die basis gaan nie bros wees soos ’n deegbasis nie en jy gaan ’n mes en vurk nodig hê.