1 Verhit die helfte van die olyfolie in ’n pan en braai die ui en knoffel vir ’n minuut of twee saam tot glansend. Voeg die soetrissie by en braai vir nog ’n minuut. Voeg die soet rissiesous by en roer deur.

2 Verhit die res van die olie in ’n tweede pan. Geur die steaks goed met sout en peri-peri en seël vlugtig aan beide kante. Sit die steaks nou by die uiesous in die pan en verhit tot deurwarm.

3 Sny die rolletjies oop, rangskik die blare op die rolletjies, plaas ’n warm steak en ekstra sous bo-op en sit voor met patatskyfies. Die steaks kan ook met platgekapte hoenderborsies vervang word.