Elke stel is deur sjefs ontwikkel en bestaan uit vars, plaaslike bestanddele en ’n stap-vir-stapresep met ’n QR-kode wat jou na ’n instruksievideo sal neem.

Met Checkers se Ready to Chef-aandetes kan selfs die besigste verbruikers nou smaaklike, moeitevrye etes by die huis berei.

Die Ready to Chef-stelle kos tussen R119,99 en R179,99 en lewer genoeg kos vir twee mense. Dis ook perfek uitgewerk om vermorsing tot ’n minimum te hou.

Daar sal elke week vier verskillende resepte, insluitend ’n vegetariese opsie, in winkels beskikbaar wees.

Altesaam 16 opsies is beskikbaar in die Ready to Chef-reeks, wat die volgende insluit:

  • Botterhoenderkerrie met roti’s
  • Blomkool-herderspastei
  • Oosterse slaai met bief en sesamsaad
  • Risotto met sampioene, ertjies en ment
  • Bief-stroganoff met murgpampoentjie-spaghetti
  • Soetsuur vark met jasmynrys
  • Niçoiseslaai met biltong
  • Patat-en-lensiedahl-kerrie met gebotterde naan (vegetaries)

Die Ready to Chef-etes sal van Donderdag, 23 Augustus by alle Checkers- en Checkers Hyper-supermarkte landwyd beskikbaar wees. 

Lees meer by checkers.co.za

Niçoiseslaai met biltong

Bereidingstyd: 30–45 minute
Genoeg vir 2

Wat jy nodig het:

  • groenteolie
  • sout growwe swartpeper
  • water
  • 2 eiers

In die boks:

  • baba-aartappels, in kwarte
  • knoffelhuisies, geskil en grofgekap
  • oreganum, blaartjies gepluk en grofgekap
  • Franse snyboontjies, ente afgesny
  • rooi-ui, gehalveer en fyngesny
  • Mediterreense tamaties, gehalveer Kalamata-olywe, gedreineer en gehalveer  biltong basilieblare, stele verwyder slaaisous

1. Voorverhit die oond tot 200 °C.

2. Sprinkel ’n bietjie olie in ’n klein oondbak, gooi die aartappelskywe daarin en geur met die sout, peper, knoffel en oreganum. Oondrooster vir 25 minute. 

3. Vul ’n klein kastrol met water vir die eiers. Kook die eiers oor matige hitte (die water moet liggies prut) vir 7 minute en verwyder dan van die hitte.

4. Haal die eiers versigtig uit; behou die water.

5. Bring die water tot kookpunt en kook die snyboontjies vir 2 minute. Dreineer en spoel met koue water.

6. Die eiers behoort nou koud genoeg te wees; dop dit af en sny in kwarte.

7. Meng die snyboontjies, ui, tamaties, olywe, biltong en basilieblare in ’n middelslag-slaaibak.

8. Meng die gaar aartappels ook by.

9. Rond die slaai af met die gekookte eiers en drup die slaaisous oor.

10. Welgedaan, sjef! Bon appétit.

Deel jou skeppings met #ReadytoChef