Risotto met chorizo en ertjies

akkreditasie
Bereidingstyd: 40 minute
Porsies: 4-6
Gaarmaaktyd: 45 minute
Bestanddele
  • 250 ml - bevrore ertjies
  • - sowat 1,5 liter warm hoenderaftreksel
  • - sowat 125 ml gerasperde parmesaankaas
  • 500 ml - risottorys
  • 200 g - chorizo-wors
Metode
As jy nie slaafs by die vyf bestanddele wil hou nie, kan jy ’n sopie witwyn in die rys laat wegkook voor jy die aftreksel byvoeg, en ’n klont botter saam met die kaas byroer.

1 Sny die wors in wieletjies en braai dit in ’n kastrol tot goudbruin. Roer die rys by en roerbraai vir ’n minuut of twee totdat die korrels oraloor met die geurige olie bedek is.

2 Roer nou die aftreksel by – soplepel vir soplepel – en kook oor hoë hitte tot al die vloeistof geabsorbeer en die rys al dente is (sowat 35 minute). Roer gereeld en voeg die ertjies vir die laaste 5 minute by.

3 Verwyder van die hitte, roer die kaas deur en geur na smaak met sout en peper. Laat staan vir 5 minute voor jy smul.  

Jongste uitgawe

September 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees