1. Verhit die olie en braai die ui tot gekaramelliseer. Voeg die kerrieblare, gemmer en rys by en roer tot goed gemeng. Skuif die rys eenkant en giet die eiers langsaan in die pan. Braai vir ’n paar sekondes, roer en braai vir nog ’n paar sekondes. Verwyder van die hitte en vou die eier deur die rys. Geur na smaak met sout en peper.

2. Geur die groente met die suurlemoen en sny die hoender in repies. Sit die rys, groente en hoender voor met sojasous.