1 Smelt die botter en olie saam in 'n pan. Geur die hoender met sout en peper en braai in die oliemengsel tot goudbruin oraloor. Skep die hoender uit en braai nou die salotte 'n paar minute lank in dieselfde pan tot glansend.

2 Voeg die brandewyn by die salotte en kook tot amper al die vloeistof verdamp het. Roer nou die witwyn by en kook totdat dit met die helfte ingedamp is. Roer die hoender en die room by die pan en laat prut nog sowat 5–10 minute of tot die hoender gaar is. Roer die patat en pietersielie by die ryk sous en sit voor met die brood.