1. Sny die hoender in klein blokkies. Kap die sprietuie en bronkors fyn en meng met die suurlemoenskil.

2. Kook die pasta volgens die aanwysing op die pakkie in soutwater tot al dente. Sodra dit amper reg is, roer die ertjies by vir nog ’n minuut. Dreineer en meng dadelik met die maaskaas. Die warm pasta sal die kaas smelt vir ’n sous.

3. Roer die hoender, sprietuie en bronkors by, geur met sout en peper en dan rojaal met die parmesaankaas. Verdeel tussen vier borde en smul dadelik.