1. Smelt die botter en olyfolie saam in ’n groot kastrol oor matige hitte en roerbraai die ui, seldery, wortel en knoffel saam tot glansend en geurig. Roer die meel by en braai vir ’n minuut of twee saam. Klits die room by met ’n ballonklitser, gevolg deur die aftreksel. Voeg laastens die aartappel by en laat prut stadig vir sowat 20 minute of tot die aartappel gaar en die sop dik is.

2. Roer die geurige, gaar hoender flenters en die ertjies by, geur met sout en peper na smaak en verhit tot deurwarm. Die sop is reg om voor te sit, maar voeg gerus pietersielie en suurlemoensap by vir ekstra geur. Verdun indien nodig.

Wenk
Skep die stomende sop in oondvaste sopbakkies en bedek die bakkies met blaardeeg soos vir ’n pastei (onthou ’n stoomgaatjie in elkeen). Verf met geklitste eier en bak in ’n voorverhitte oond teen 190 °C vir sowat 30 minute of tot die deeg opgepof en goudbruin is.