1 Verhit die knoffelbotter en wyn saam tot kookpunt in ’n kastrol met ’n digsluitende deksel. Voeg die mossels by, sit die deksel op en draai die hitte af. Laat stoom vir 5 minute.

2 Verhit die olie in ’n tweede pot en soteer die brand- en soetrissie saam vir ’n paar minute. Roer die meel en die mieliepitte by, gevolg deur die aftreksel, en kook vir 5 minute.

3 Draai die hitte effens af en voeg nou die gestoomde mossels en kookvloeistof by. Sorg dat enige los skulpstukkies onder in die stoompot agterbly. Dokter nou die sop met room en koljander, sout en peper, en verhit tot deurwarm. Sit voor met vars brood.