1 Verhit die olie in ’n pot en braai die vark vinnig tot oraloor bruin. Skep die vleis uit, maar behou die olie.

2 Sny die spinasie se wit are uit; kap die blare en are apart fyn. Braai die are saam met die knoffel en gemmer tot geurig. Voeg nog ’n skeut olie by indien nodig.

3 Roer die korma-kerriepasta (kyk hoe sterk joune is voor jy dit inroer) en patat by. Braai vir sowat 2 minute voor jy die room byvoeg. Sit die pot se deksel op en kook vir nog 5 minute.

4 Roer die spinasieblare, vleis, sprietuie en amandels by. Laat liggies prut tot die vleis en groente net gaar en geurig is. Geur na smaak met sout en peper en sit voor met die vars koljander en rys