1 Rooster die soetrissies oor ’n vlam tot oraloor swart gebrand en laat “sweet” hulle dan vir ’n paar minute in ’n toegevoude plastieksakkie. Vryf die velletjies af, verwyder die pitte en maak fyn in ’n voedselverwerker saam met die knoffel, brandrissie, tamaties en olyfolie.

2 Bring ’n pot soutwater tot kookpunt en kook die pasta tot al dente. Verhit ’n pan tot lekker warm en braai die soetrissiepasta stadig vir ’n minuut tot geurig. Skep die gaar linguine uit die water by die soetrissie-pasta en roer deur. Voeg die olywe, tuna en pecorinokaas by en geur met sout en peper na smaak.