1 Braai die spekblokkies in hul eie vet tot goudbruin en gaar. Roer die ertjies by en verhit tot deurwarm. Verwyder van die hitte en meng deur die bruinrys. Geur na smaak met sout en peper.

2 Klits die mayonnaise en jogurt saam en hou eenkant. Dop die eiers af en sny in kwarte.

3 Om saam te stel, skep die geurige rys op ’n groot bord en meng die blare liggies deur. Rangskik die eierkwarte bo-op, strooi die ertjielote oor en sit voor met die sous. Alternatiewelik kan jy die sous deur die warm rys meng.