Voorverhit die oond. Rol die hoender in meel en braai dit vlak in olyfolie tot goudbruin oraloor; skep uit. Braai die ui, sampioene en knoffel in dieselfde pan tot geurig. Roer die sjerrie by en kook vir ’n minuut. Roer die room en salie by en kook vir 5 minute. Giet dit oor die hoender en patat in ’n oondbak, bedek met foelie en bak vir 20 minute. Haal die foelie af en bak vir nog 10–15 minute of tot lekker bruin. Sit voor met rys.