1 Voorverhit die oond tot 220 °C. Smelt die botter in ’n kastrol en roer die meel by; braai vir ’n minuut. Klits die melk geleidelik by om te keer dat dit klonte maak. Laat prut vir sowat 5 minute of tot effens verdik. Verwyder van die hitte en roer die mosterd, neutmuskaat, sout en peper na smaak, asook die helfte van die kaas, by. 

2 Rangskik die vis en blomkool in ’n oondbak en giet die kaassous oor. Plaas die tamatieskyfies bo-op en strooi die res van die kaas oor. Bak vir sowat 20 minute of tot die vis gaar genoeg is dat jy dit kan vlok. Heerlik met rys en ’n vars slaai.