1 Sit die vis in die melk in ’n kastrol, bring tot kookpunt en laat prut stadig vir sowat 8–10 minute met die deksel op tot die vis net gaar is. Skep die vis uit die melk, verwyder enige vel en grate, en vlok. Hou eenkant.

2 Smelt die botter en braai die ui tot glansend. Roer die mosterd en meel by en braai nog ’n minuut. Klits die warm melk waarin die vis gekook is by om ’n gladde sous te maak en laat prut sowat 5 minute of tot die sous effens verdik. Geur na smaak met sout, peper en neutmuskaat.

3 Voorverhit die oond tot 200 °C. Meng die eiers en die pastaskroewe deeglik by die sous in. Roer laaste die gaar vis by en skep in ’n gesmeerde oondbak of individuele bakkies. Strooi die kaas oor en bak vir sowat 20 minute of tot die eier gaar is.