1. Vryf die botter in die meel in tot dit soos growwe brood­ krummels lyk en roer die mielies by om ’n gladde mengsel te vorm. Smeer dit onderin ’n oondvaste bak en hou eenkant.
  2. Bring die vis en melk saam tot kookpunt in ’n vlak kastrol en laat dit dan effens afkoel. Skep die vis uit en vlok dit; verwyder enige vel en grate. Giet die melk in ’n maatbeker en vul aan indien nodig tot jy weer 300 ml het.
  3. Voorverhit die oond. Smelt die botter in ’n klein kastrol en braai die preie tot glansend. Roer die meel by en braai vir ’n minuut. Klits die louwarm melk by en bring tot kookpunt. Klits tot effens verdik. Laat die mengsel effens afkoel voor jy die eiers byvoeg (anders maak jy roereier), asook die gevlokte vis en die helfte van die kaas. Geur met sout, peper en neutmuskaat. Giet die vulsel in die voorbereide kors en strooi die orige kaas oor. Bak vir sowat 30 minute tot goudbruin en deurgaar.